Tillie & Eric vertel…

Terugvoer van ons kliente!

Tillie en Eric het onlangs die Victoria Beachcomber Resort & Spa, Mauritius, besoek

 
 
Die vakansie was verskriklik lekker!
Die een dag het dit lekker hard gereen en ‘n halfuur later was almal terug op die strand.  Al was dit bewolk kon jy dit nogsteeds geniet!
 
Die Adults Only deel was ongelooflik.  Ek was so bly ons het die swim up room gekry, want dit maak regtig ‘n groot verskil.  Ons kon van ons stoep af in die water klim en ek het ook lekker op die loungers en die stoep se bank gelê.
 
Ek sal beslis hierdie kamertipe bo ‘n tweede verdieping kamer aanbeveel.  Die kamers self is pragtig gemeubileer en baie gerieflik, skoon en groot.  Die badkamers is besonders mooi.  Die uitsig is To die for!!!
 
Die mense is verskriklik gaaf en behulpsaam.
 
Dit is maklik om ‘n taxi te huur en net so maklik om ‘n motor te huur. Jy moet net jou bestuurslisensie onthou! Die koste vir ‘n motor en taxi huur is baie dieselfde, ek dink motorhuur is dalk goedkoper, want ‘n taxi het jy vir 3 ure, maar ‘n motor vir die hele dag.  Dit is maklik om self rond te ry.  Jy mag dalk sukkel met parkering in Port Louis, vir ‘n trippie soontoe sal ‘n taxi dalk beter wees.
 
 
Die beste van die alles… daar is ‘n komplimentêre foon in die  kamer waarmee ons kon bel en saam met ons kon neem.
 
Ons het baie vroeg die oggend geland en is dadelik ontmoet op die lughawe.  Ongeveer ‘n uur later was ons by die hotel en is ons ontbyt aangebied.  Hulle het ons geneem na die area waar ons sou bly en  het vir ons ‘n glas sjampanje aangebied.  Ons kon langs die swembad wag tot ons kamer gereed was en kon toe ingaan.
 
Ek sal beslis teruggaan en ook enige iemand soontoe aanbeveel.  Daar was heelparty babas en kinders aan die ander kant van die hotel, en vir ons was dit baie lekker om so rustig te kon eet en kuier (Adults Only)  Die atmosfeer verskil drasties van die res van die hotel, aan ons kant is dit rustig en kalm, aan die ander kant nie.
 
Ons het partymaal gesê ons sien nie iets waarvoor ons lus is op die cocktail menu nie en hulle geniet dit dan om jou te verras en iets spesiaal te maak.  Ons het een van hierdie spesiale drankies so geniet dat hulle vir ons die resep gegee het, en nou drink ons dit baie gereeld by die huis!!
 
Ons wou een aand nagereg bestel en die chef het kom vra of hy iets spesiaals kan maak.  Ons het ingestem en die volgende oomblik sing die kunstenaar wat daar was ‘’Happy Birthday’’ en hulle bring vir my ‘n koek met kersies!  Dit was ‘n baie groot verrassing gewees.
 
Baie dankie weereens vir jul hulp hiermee, ek waardeer dit baie en ons het dit baie geniet.