Dit was rerig die perfekte oord vir ons! Baie water aktiwiteite. Weer was nie so in ons guns…baie wind gehad so kon nie al die paddling en sailing doen, maar was steeds ongelooflik! Dit voel nou so unreal. Het saam met die turtles geswem en parasailing gedoen. Hotel was goed. Kos en drinks was devine. Dis n massive plek maar hulle altyd bereid om mooi te help.
Die dae wat ek onder die water was, was die dae wat ek vergeet het van die werk. Dit was awesome. Ek kan nie die vibe beskryf, maar dis verseker n resort op ons standaard. Lekker vibe en fun saans met band, maar as jy nie lus is daarvoor pla dit jou glad nie as jy nie in die area is nie. Dit was n unreal feeling. Rerig n ongelooflike eerste Mauritius ervaring.
SAL stakings – Het julle noodnommer gebel en julle na-ure konsultant het ons so ongelooflik vinnig en goed gehelp. Ek is rerig baie dankbaar vir julle. Elke keer wat ek die noodnommer gebel het, het julle dadelik geantwoord. Baie dankie aan almal wat “on-call” is heeltyd en dadelik reply.